Exodus 4x4 is 'n aksie van die N.G. Kerk Stellenberg. Die klub, Exodus 4x4, skep geleenthede vir die klublede en hul gesinne om saam met hul 4x4 voertuie die natuur te geniet en hul kennis van die natuur te verbreed deur gespreks- en eko-opleidingssessies te reël. Die klublede word ook betrokke by ander gemeenskappe deur middel van uitreik-aksies.
Lidmaatskap is beperk tot die persone wat die doelstellings van die Klub ondeskryf. Lidmaatskap word uitgebrei na alle lede van die gesin. Die klublede het vookeur om aan klub se aktiwiteite deel te neem. Indien daar nog plek beskikbaar is, kan die klublede gaste saamnooi.